Kliënte Getuigskrif

  • Julius, Port Elizabeth
    Wat n wonderlike selfsorg van bo gehalte diens en netjies.
  • Johan Smit, Nelspruit
    Vertrou dit gaan goed met julle. Ons is veilig tuis en werk weer. Ons het ons verblyf baie geniet. Privaat, netjies en ons het als gehad wat nodig was. Ons sal jul graag weer ondersteun. Jul tuin is pragtig!!
  • Rita
    Baie dankie vir die gasvryheid en vriendelikheid, ons het lekker gerus en goed geslaap, dankie. Tot 'n volgende keer. Groete,
  • Judy
    Baie dankie vir die gasvryheid. Julle is wonderlike mense. Julle plekkie is pragtig, Lekker Daggie
  • Monica Theron
    Pragtige plekkie baie goed toegerus en vriendelike diens
  • Sharon Els
    Baie dankie vir die gasvryheid. Julle is wonderlike mense.
  • Riaan
    Middag Elmien. Wil net weereens baie dankie sê vir puik verblyf en julle gasvryheid. Ons waardeer dit baie. Sal julle enige tyd aanbeveel. Groete en sterkte daar vir julle.
  • Max v Staden Amanzimtoti
  • Hi Elmien. Ons wil graag more aand ook hier oornag indien Tolbos beskikbaar is.
    Vreeslik dankie vir jou moeite. Ek gaan verseker Tolbos wyd en syd bemark onder die Natallers.
  • Max v Staden Amanzimtoti.
  • Ons ry môreoggend en ja ons het baie lekker gebly en moet jou komplimenteer op jou plek baie mooi en netjies en alles wat mens nodig het, sal dit beslis aanbeveel vir ander mense. Ek het die komberse en kussings wat ek nie gebruik het nie in die kas in die kamer gesit want dit was warm gewees Nogmaals dankie en lekker slaap
  • Dankie Elize Goosen vanaf Port Elizabeth.
  • Goeie môre, Vertrou dit gaan nog goed met julle. Ons is reeds úít en oppad. Weereens báie dankie vir die perfekte, skoon en praktiese kuier plekkie. Ry veilig en Geseënde dag vir Julle.
  • Christelle Kimberly.
  • oeie môre Chris en Elmien. Baie dankie vir jul gasvryheid en vriendelikheid. Ons het heerlik gebly. Indien jul 'n spesiale tarief het vir 'n maand of langer, laat weet ons asb.
  • Groete Leon en Elsabé.
  • Liewe Elmien ek is so jammer ek kon nie kom groet nie. Baie dankie vir die boodskappies via Yvette. Nogmaals dankie vir n heerlike en gerieflike gastehuis. Dit het ons verblyf na n volgende hoogte geneem. Jou bedagsaamheid en keurige en fyn afronding het ons gerieflike verblyf puik gemaak. Die kuier by julle was ook uit die boonste rakke. Dankie en nog maals dankie❣️Vriendelike groete
  • Ansie de Vries